TROOS - NOTES
THE CHORDS ARE NOT TRANSPOSED SO THEY ARE ALL IN THEIR ORIGINAL SHAPES
CAPPO: FRET 3
MOOD: Melancholic
TROOS - ORIGINAL
TROOS
Fm Am Em G
Ek gaan jou kom haal as jy wegraak in die doolhof van jou huis
F Am Em G
as die splinters van jou lewe palms met leiklip vergruis
Bm D C G
as die beloftes van jou minaar dreig om jou te flous
Em G C D
as ‘n vertroueling van baie jare met jou geheime begin smous
Fm Am Em G
ek gaan jou kom haal by die bruilof van die een wat jy verlang
Fm Am Em G
as die vlerke van jou duiwe sonder rigting in die lug bly hang
Bm D C G
waar ou gesigte in bloue newels onder baie vrae verdwyn
Em G C D
en die spoke uit jou drome in die stad se poorte verskyn
C D G Em
ek is die roep van die wind in die storm wat praat sonder taal my lief
C G D
en die donderweer stroop ons almal soms kaal
C D G Em
ons is die gerwe van ‘n oes gegroei in geploegde grond gedief
G C D G
deur al die dinge wat die droogte probeer keer as ons wil dans
Fm Am Em G
ek sal jou vind tussen die blaaie van ‘n lank vergete boek
Fm Am Em G
waar ‘n man na vele togte die heldin finaal moet groet
Bm D C G
in ‘n koma van dekades in die kamer waar almal vergeet
Em G C D
om die getye van die jare getrou te bly meet